Bulletin Buzz podcasts
Community Crime

Skokkende Nuus: Twee mans wat by substasie probeer steel deur Barrydale SAPD vasgetrek

Skokkende nuus Smitsville

Mickey Mentz

BARRYDALE – Twee jong verdagtes is op 23 Maart 2022 deur lede van Barrydale SAPD gearresteer nadat hulle probeer het om elektriese komponente vanuit ‘n Smitsville substasie te steel.

Beide die mans het weens elektriese skok ernstige beserings opgedoen. Die gekreun van hul stemme kon deur voetgangers wat verby die polisie aanhouding selle geloop het, gehoor word.

Daar word beweer dat daar ‘n ontploffing by die substasie wat in Protea Laan (Smitsville) geleë is, plaasgevind het en dat lede van die publiek die twee verdagtes later daar gewaar het.

Munisipale beamptes het ook die toneel besoek en gevind dat ‘n ‘fuse’ uit plek was en dat dit die kortsluiting veroorsaak het.

Lede van die gemeenskap het glo gesien hoe die twee jong manne na die Barrydale Kliniek gestap het.

Swellendam PNA Stationery Shop

Beide moes tydens die ondersoek verduidelik waarom hulle hulp nodig gehad het en daarna is Barrydale SAPD ingeroep om die arrestasies te maak.

Die verdagtes het reeds in die hof voorgekom, die ondersoek duur voort.

Die vermoede bestaan ook dat dit dieselfde verdagtes is wat by die diefstal van krane betrokke is.

Intussen neem diefstal vanuit voertuie toe en dit is weer daardie tyd van die jaar wat plantdiefstal ook handuitruk.

Leave a Comment