Die projek is tans besig en ons sal in veld wees volgens beplanning tot en met einde September 2025. Dit behels in kort dat ons ‘n nuwe meester steekproef moet lys (tans gebaseer op Sensus 2022 data) en dit gaan die basis vorm van elke projek in die Provinsie vir die volgende 10 jaar.
Dit is uiters belangrik dat ons hierdie proses so akkuraat as moontlik doen omdat dit die fondasie sal vorm van al die toekomstige opnames in die Provinsie. Die projek beoog ook om meer statistieke op laer vlak beskikbaar te stel wat dan sodoende gebruik kan raak deur verskeie staat, nie regerings en privaat instellings.
Verdere Algemene Inligting rondom die projek as volg:
Die projek Deurlopende Bevolkingsopname – Huishoudelike Opname Program Herontwerp (DBO-HOPH) Raamwerkopdatering.
Stats SA het ‘n mandaat ingevolge die Wet op Statistieke (Wet No. 6 van 1999) om relevante inligting van die Suid-Afrikaanse publiek te versamel. Die inligting word gebruik vir beplanning, besluitneming, monitering en evaluering van beleide deur die regering, besighede en ander instellings.
In ooreenstemming met hierdie mandaat, sal Stats SA die DBO-HOPH Raamwerkopdatering onderneem tot September 2025. Hierdie raamwerkopdatering sal Stats SA in staat stel om ‘n akkurate voorstelling van elke struktuur regoor die land te hê, en dit sal die versameling van akkurate en betroubare data fasiliteer.
‘n Span van Lysting- en Publisiteitsamptenare sal elke geselekteerde gebied besoek om te verseker dat elke erf besoek en elke struktuur op die erf akkuraat aangeteken is. Dit sal verseker dat Stats SA ‘n akkurate en opgedateerde meestersteekproefraamwerk het vir gebruik in huidige en toekomstige dataversamelingsaktiwiteite.
Ons wil u verseker dat enige inligting wat deur huishoudings verskaf word, streng vertroulik sal bly in ooreenstemming met artikel 17 van die Wet op Statistieke. Enige werknemer wat skuldig bevind word aan bekendmaking van vertroulike inligting aan ongemagtigde persone sal swaar wetlike strawwe in die gesig staar.
Ons veldwerkers kan maklik geïdentifiseer word deur hulle Stats SA-identiteitskaarte en Stats SAoorhempies. Indien u die betroubaarheid wil bevestig van enige Stats SA-verteenwoordiger wat op die DBOHOPH
Raamwerkopdatering werk of enige ander verwante vrae het, kontak asseblief die Provinsiale Veldoperasies Direkteur, Dr Mahier Hattas by 079510 3249. U kan ook enige lid van ons veldwerkpersoneel verifieer deur die veldwerkerverifiëringstelsel op die Stats SA-webblad (www.statssa.gov.za), of deur die Stats SA-inbelsentrum te kontak by 0800 110 248.

No Comment! Be the first one.