Bulletin Buzz podcasts
LekkerLees

LekkerLees: Aitog… Anna! Deel 1

LekkerLees - Aitog Anna

deur *JJT*

Anna is ‘n 34-jarige enkelma en bly in die skilderagtige dorpie, Sikhona, iewers in die Overberg. Sy bly agter op haar ma se werf met haar 4-jarige seuntjie Quincy. Quincy se pa, Tolle, is tog te romanties. Hy verras haar altyd. Soos die keer toe hy met ‘n reuse boerpampoen op die kop gevra het om te trou!

Anna is ‘n meisie wat hou van die vinnige dinge in die lewe. Kuierleier van formaat. ‘n Skoonheid wat wonderbaarlik behoue gebly het ten spyte van al die partytjie houery. “Hardkoppig, jy aard aan jou pa se mense” sê haar ma gereeld. “Jy moet ophou langbroek dra my kind, ‘n vrou dra ‘n skirt of ‘n rok” Anna se ma is diep gelowig. Bid gedurig vir volk en vaderland en woon al wat ‘n begrafnis is by. Haar mees uitsonderlike talent is haar harde stem. Dis so ‘n kruising tussen bas en falsetto. Elke Sondag vermoor sy en mede koorlede die een of ander gesang.

Anna is min gepla. Sy hou van haar kortbroekies en tights, want sy het ‘n “figure like a trigure” spog sy gereeld.

Dis Maandagoggend en Anna skrik vervaard wakker. Jislaaik, watter dag is dit? Sy voel woes en moeg en glad nie lus vir die dag nie. Tot laat toe gekuier gisteraand en sy kan nie eens onthou hoe sy by die huis gekom het nie. Anna sukkel om regop te kom in die ingeduikte bed. Quincy slaap naweke by haar ma in die huis. Die horlosie sê dis vyf uur. Nog net so 2 minute se slapies, dink Anna en draai haar op die ander sy.

Swellendam Coastal Hire

Het ek geëet gister?, dink sy. Sy glimlag in die donkerte. Ek het darm my “poen-poen” lekker geskud. Dit was nou weer ‘n epic night out met die crew.

Dan dink sy aan die klimeit wat met haar kom skoor soek het en voel sommer dadelik beneuks. “Daai Felicity” sê sy hardop. “Wag laat ek liewers opstaan”. Bewerig maak sy vir haar bietjie suikerwater. Dit help altyd met die ergste babbelas.  Dit gaan ‘n laaang dag wees.

Sy voel sommer knorrig en glad nie lus vir die dag nie.

Die uieplant-seisoen het aangebreek en Anna het haar eie span wat sy kontrakteur op Sewende Hemel, ‘n plaas 2km buite die dorp. Sy weet nie waar sy kos gaan kry vir die dag nie want sy het mos Vrydag “verby gehou” met haar pay. Die “Ougirl” is so vol nonsies, sy sal maar iets op die boek moet vat tot Vrydag toe. Gelukkig is hier darem nog 3 kiste en ‘n paar leë bottels wat sy kan gaan ingee. “Waar is my soolkous?”, sê Anna hardop.

Na ‘n paar minute se gesoek tussen die bondel wasgoed, gooi Anna tou op en gryp sommer ‘n “kep” en sit dit oor haar deurmekaar hare.  Sy kyk in die spieël en gee een wye glimlag vir haarself. Anna “love” haar “passion gap“. Sy het al 3 stelle voortande verloor van kan kuier.

Langeberg Bulletin 6 maande subskripsie

Sy hoor die uie-lorrie aankom. ‘Wag, laat ek klaar maak en vandag is die dag dat ek daardie Felicity lekker gaan indoen.

Die lorrie dreun al, gereed om te vertrek en Anna gaan op ‘n drafstappie. Een van die “pumps” aan haar voete se sool is los, so sy moet haar een been ekstra hoër oplig soos sy aan beweeg. “Jy’s laat”, sê Oom Hans die drywer, toe sy voor by hom inklim. Die sitplek voor is “reserve” vir haar. En waag die siel wat probeer daar sit!!! 

Lees volgende week verder en vind uit wat met Anna gebeur…

Leave a Comment