Community News

Suzaan verteenwoordig Swellendam Skou by Agri-Expo

Suzaan Smit
Written by Mickey Mentz

Swellendam Skou President is vuur en vlam oor die voordele wat lidmaatskap by AQgri Expo vir die dorp inhoud

Die baanbreker werk wat Swellendam Skou president Suzaan Smit en haar bestuur verrig is onlangs deur Agri-Expo genader is om lid van die organisasie te word.

Suzaan het bevestig dat sy daarna uitsien om Swellendam Skou by hierdie opwindende organisasie wat ‘n belangrike rol in die bevordering en bemarking van die landbousektor speel, te verteenwoordig.

“Dit is vir my ‘n voorreg,” sê Suzaan.

“Mens baklei vir jou skou en jy woon hulle byeenkomste by, maar dat die werk wat ons hier verrig raakgesien word is beslis ‘n groot eer.

Agri Expo bestaan uit sowat 400 lede wat baie selektief uitgesoek word en Suzaan weet dat haar betrokkenheid as lid haar die geleentheid bied om op ‘n hoër vlak raad in te win en dan hierdie kennis tot voordeel van Swellendam Skou aan te wend.

*Advertensie

Daar is natuurlik verdere opgewondenheid oor die feit dat Afri-Expo aan internasionale skoue deelneem en inligting uit die buiteland tot voordeel van plaaslike boere toepas.

“Hierdie lidmaatskap dien as bewys dat ons iets reg doen hier.”

Swellendammers twyfel egter nie vir ‘n oomblik daarin dat Suzaan, haar man Kobie en Anlie Potgieter saam met die skoubestuur hul uiterste bes vir die vooruitgang van hierdie belangrike byeenkoms op die dorpskalender doen nie.

Dit is nou al vir meer as ‘n dekade hul passie en daar is geen teken dat hulle binnekort tou opgooi nie.

Dit is meer ‘n geval van opsaal en deesdae saal Suzaan sommer saam met Kobie die grassnyer op om onderhoudskoste by die skougronde in toom te hou.

“Die skou is deel van ons dorp, deel van ons erfenis en ons het deur die jare baie moeite gedoen om te sorg dat die skou nie ondergaan nie.

“Ons het al bloed sweet en trane baklei hier en ons beplan nie om binnekort op te hou nie.”

Swellendam Skou vir Maart Bevestig

Suzaan het bevestig dat die Swellendam Skou vroeg in Maart sal plaasvind en dat Swellendammers ouder-gewoonte net die beste kan verwag.

“Ons besef dat daar uitdagings gaan wees, veral om borge te kry, want ten spyte van die goeie oes het Swellendam se besighede oor die afgelope jaar baie swaar getrek, maar ons werk hard daaraan om op ander maniere geld te genereer sodat die skou op ‘n hoë standaard is.

Die Swellendam Skou sal in 2022 sy 190 ste bestaansjaar vier – rede genoeg vir ‘n groot opskop, of hoe?

Lees ook:

Successful transverse launch of Ashton Arch bridge a South African first

Bulletin 20 jaar

About the author

Mickey Mentz

I sometimes dance naked in the canola fields of Swellendam, but when I wake up, I'm at home in my Barrydale bed. As die nuutste toevoeging to the Bulletin span sien ek daarna uit om die omgewing en sy mense beter te leer ken.

Leave a Comment