New Year Banner
News Sport

Swellendam Krieketklub wys goeie groei

Swellendam Krieketklub

Timo Gertse spog met eerste ton

Swellendam Krieketklub se twee spanne het in die eerste rondte van die seisoen nie so goed gevaar nie, maar daar was steeds ‘n paar hoogtepunte vir die dorp se trots.

Die Kings is derde in groep A terwyl die Riders 4de in groep B is. Bredasdorp (groep A) en Caledon (groep B) is die voorlopers en stewig in die saal.

Swellendam Krieketklub is egter bly vir die ontwikkeling van spelers tot nou in die seisoen.

Spelers begin die vrugte van hul harde werk pluk. Timo Gertse het sy eerste honderd tal (106) teen Grabouw aangeteken en is die voorste lopiemaker tot nou.

Danny Sefoor (75) Haywin Hopley (58) Warren Silvurbaur (58) en Morton Steenkamp (59) het almal hul eerste 50 talle vir die klub aangeteken.

Died hoop dat die kolwers nog klomp lopies die tweede rondte in die nuwe jaar gaan aanteken.

Die boulers het ook goed gedoen met Ruan Magiel wat sy eerste vyf paaltjies ingeoes het.

Kwart Jafta en kapt James Dyers spog ook met 4 paaltjies ontleding. Die seisoen begin reeds 08/01/2022.

Lees Ook:

Midas

Leave a Comment