Dr. Corné Mulder, VF+: LP en provinsiale leier: Wes-Kaap; 3 Februarie 2025
Die VF+ het kennis geneem van die bedanking van mnr. Juan van Schalkwyk as lid van die VF+ en ook as speaker en raadslid in Swellendam.
Mnr van Schalkwyk se optrede en bedanking is direk in stryd met ‘n besluit wat die uitvoerende strukture van die VF Plus geneem het in die beste belang van geregtigheid, deursigtigheid en geloofwaardigheid.
Die VF+ hoop nie dat sy bedanking ‘n invloed sal hê op die ondersoek wat gedoen moet word na die klagtes teen die voormalige DA-burgemeester, mnr. Francois du Rand nie.
Die party sal voortgaan om daarop aan te dring dat hierdie klagtes volledig ondersoek word in die belang van deursigtigheid van verantwoordbaarheid en in belang van die inwoners van Swellendam.
Die VF+ is daartoe verbind om ‘n betroubare koalisievennoot te wees en sal voortgaan om daardie rol te speel in die belang van die mense van die Wes-Kaap.
In ‘n stemgreep aan die Langeberg Bulletin het Wouter Wessels, VF+ LP gesê dat die party nie bewus was dat van Schalkwyk gaan bedank nie. Die feit dat hy buite stemming gebly het in die verkiesing van die Burgemeesterskandidaat is loodreg teen die besluit van die Federale Dagbestuur van die VF+. Dit was deeglik aan hom gekommunikewer deur die Wes-Kaap strukture en hy het verkies om dit te verontagsaam, en daarom heelwaarskynlik het hy verkies om te bedank. Hy erken dus nie die gesag van die Party nie en dit is dan die beste uitkoms.
Wessels het bevestig dat die Party hul hou by die koalisie-ooreenkoms, en sodra hul die vakature gevul het in Swellendam, sal daardie kandidaat opdrag kry om vir die DA kandidaat te stem,en te hou by die besluit van die VF+ leierskap.
Die VF+ dring wel steeds aan dat ‘n ondersoek van stapel gestuur word na die aanklagtes teen Francois du Rand en die bewering teen hom te ondersoek. Dit is in almal se belang dat dit onafhanklik en deursigtig ondersoek word. Van Schalkwyk se bedanking vee geensins die ondersoek weg nie. Die waarheid moet ontbloot word.
Die Wes-Kaap strukture van die VF+ hanteer die proses om die vakature te vul en hul sal deur die proses ‘n geskikte kandidaat indentifiseer. Die kandidaat sal aangewys voor die 7 dae peridoe verstryk en sal in plek wees vir die Spesiale Raadsvergadering om die Burgemeester te verkies, en sodoende die koalisie in stand hou. Die VF+ het ‘n ondersoek gelas na van Schalkwyk se optrede en hy het verkies om te bedank en hom nie self te onderwerp aan daardie ondersoek nie.

No Comment! Be the first one.