Theo Gertse, Swellendam Krieketklub; 4 Februarie 2025
Swellendam krieketklub se Riders het Saterdag hul droom seisoen in die promotion B Liga voortgesit toe Willie – John met n REKORD beurt van 128 die Riders n T20 finaal besorg het.
Die Riders het teen Worcester victorians 2 te staan gekom vir n plek in die finaal. Die Riders het eerste gekolf en was gou met 4/2 in die knyp. Tolla en willie John het egter gered met n 59 lopie vernootskap. Toe Tolla uit is 29 (1×4,3×6) het Willie – John voort gegaan en die Riders tot 193/6 gevoer in 20 beurte. Willie-John het in sy REKORD beurt van 128, 5 viere en 12 sesse gemoker! Willie John verbeter Prins se T20 112 wat Prins verlede naweek behaal het. Swellendam krieketklub se T20 krieket is baie gesond deur dat twee Kolwers op agtereenvolgende naweke T20 100 tale behaal!
Die Riders het die victorians vir 107 lopies uitgeboul. Eathon, leathon, Nala Saimon en Ruan was uitstaande met die bal. Ruan se 4/6 was skitterend! Die Riders speel op 15 Maart 2025 teen die wenner van afdeling A wat hul wedstryde die komende naweek afhandel.
Die Kings het n bye geniet maar reis na Touwsrivier die naweek vir n belangrike promotion A wedstryd.

No Comment! Be the first one.